Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te verskaf nie. Die #Stophonger-projek is daarop gemik om te sorg dat alle kleuters ‘n bord kos inkry.

KarooOutdoor Co. skenk R50 vir elke jagteleskoop wat gekoop word. Dus, elke keer as iemand 'n teleskoop aanlyn aankoop word daar R50 geskenk deur KarooOutdoor Co. aan die #STOPHONGER-projek.

KarooOutdoor Co. skenk ook R10 vir elke klere-item wat deur 'n handelaar aangekoop word. Dus, elke keer as iemand 'n klere-item aankoop word daar R10 geskenk deur KarooOutdoor Co. aan die #STOPHONGER-projek.

KarooOutdoor Co. klere sal by uitgesoekte handelaars beskikbaar wees.

Handelaars wat belangstel om die KarooOutdoor klerereeks aanhou te hou kan ons gerus kontak by 063 265 0742 of stuur 'n epos na info@karoooutdoor.co.za.

Daar is tans meer as 8000 kleuters wat deel uitmaak van Solidariteit Helpende Hand se voedingsprojek. Die projek fokus daarop om behoeftige kleuterskole te ondersteun met koopbewyse om kos aan te koop. Om te verseker dat hierdie kleuters genoeg voedsel ontvang, moet Helpende Hand 1,5 miljoen etes hierdie jaar voorsien.

Vanjaar span Helpende Hand en Coleske Artists kragte saam om die #Stophonger-projek op die been te bring. Die projek wil die publiek bewus maak van die dringende behoefte onder ons land se kleuters.

Bekende sangers wat hulle stemme gevoeg het tot die projek is, Patrizio Buanne, die Italiaanse superster, saam met jong Amira Willighagen van Holland. Hulle gaan saam met die plaaslike talent van Touch of Class, sowel as die pragtige Tarryn Lamb, Monique Steyn, die gewilde Corlea, Dewald Wasserfall, Jay, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, en Riana Nel probeer om honger te stop.

Van hierdie sangers is te siene by Afrikaans is Groot 2018 in Pretoria en in 2019 in die Kaap.

  • 85% van die onderwysers meen die kleuters kom honger na ’n naweek by die skool aan.
  • 24% van die kleuters wat nie saans kos kry nie.
  • 35% van kleuters kom honger skool toe.
  • 31% van die kleuters het self bekendgemaak dat hulle nie saans eet nie.
  • Meer as 40% van hierdie kleuterskole kan nie bekostig om meer as een maaltyd te bied nie.
  • Kleuters verloor tot 8% van hulle liggaamsmassa as hulle nie op die voedingsprogram is nie

Jy kan sorg dat daar nie nog ‘n kind honger gaan slaap nie! SMS die woord STOP na 38969 en skenk ‘n bord kos vir ‘n honger kleuter. (SMS kos R10)